Die onvoltooide Hauweng-busdepot in Bloemfontein, word deur booswigte “gesloop,” nadat die kontrakteur die bouperseel weens beweerde wanbetaling verlaat het.

Volksblad berig die eerste fase van die busdepot, wat deel is van die Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk, of IPTN, is reeds etlike ure nadat die
kontrakteur die perseel ontruim het, geplunder.

Die polisie het aanvanklik vyf verdagtes in hegtenis geneem, maar kort voor lank was daar nog diewe by die depot in McGregorstraat.

Die boukontrakteur het die depot-perseel in Oos-einde glo net so laat staan, aangesien hy nie ten volle betaal is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×