Vandalisme by skole in Suid-Afrika neem toe en dit hou ‘n direkte bedreiging vir kinders se reg van toegang tot basiese onderwys in.
Hierdie voorvalle kom gereeld tydens langer skoolvakansies voor.
In baie gevalle word klaskamers of studietoerusting gevandaliseer wat die gehalte van onderrig kelder.
Die Departement van Basiese Onderwys het gesê hy werk onverpoosd saam die polisie en ander rolspelers om hierdie voorvalle te probeer bekamp.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig die Die Gonyane Primary School in Phahameng in Bloemfontein is gedurende die eerste week van Desember met petrolbomme
bestook.
Groot skade is aan die skool se infrastruktuur aangerig en honderde-duisende rande se studiemateriaal is beskadig of gesteel.
Dit is die vyfde Vrystaatse skool wat sedert Junie verlede jaar met petrolbomme bestook is.