Noodherstelwerk aan die Longridge-watervoorsienings-vertakking, sal sekere Bloemfonteiners vanaf môre sonder water laat. Luidens ‘n metro-verklaring, word die herstelwerk genoodsaak, te danke aan skade wat deur vandale aangerig is. Hoewel die metro nie in sy verklaring meld hoe laat daar môre met die werk begin sal word nie, noem hy dat die werk ongeveer 36 uur sal neem.

Dele van die Mangaung-metro wat wateronderbrekings te wagte moet wees, sluit Wilgehof, Universitas, Pellissier, Lourierpark en Rocklands in. Die munisipaliteit sal watertenkers in die betrokke gebiede beskikbaar stel.

error: Inhoud is beskerm !!