Eskom se kragnetwerk bly aan het steier en het Suid-Afrikaners vandeesweek minstens met tot soveel as fase 6-beurtkrag aan die strot beet.
Hierbenewens reken ingeligte binnekring-bronne, dat fase 7-beurtkrag dalk nog voor die naweeek die oorhand gaan kry.
Die kouer weer wat vir die komende week voorspel word, verhoog uiteraard die vraag na elektrisiteit.
Intussen het president Cyril Ramaphosa die naweek in KwaZulu-Natal gewaarsku dat sy mede-Suid-Afrikaners ‘n koue, donker winter in die gesig staar.
Hy het ook – tot groot afgryse – die land se energiekrisis in ‘n beter lig probeer stel, deur te sê daar is baie ander lande in die wêreld is, wat ook die een of een of ander
energie-opwekkingsuitdagings het.
Tot verdere kennisgewing geld fase 6 daagliks tussen vieruur smiddae en soggens om vyf.
Dit word met fase 4 afgewissel.
Eskom het gesê hy sal laat weet indien die situasie verander.