Die negende Parlementêre Brics-Forum, waartydens koppe oor verskeie uitdagings bymekaargesit word, het vandag in Kemptonpark begin.

Die forum het ook ten doel om diplomatieke interparlementêre betrekkinge te versterk.

Meer as 250 afgevaardigdes van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, woon die hoëvlak-dinkskrum by.

Sake soos energie, sekuriteit en klimaatsverandering, is bo-aan die besprekingslys vir die forum wat in Kemptonpark in Johannesburg gehou word.

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, meen Brics-lande speel ‘n deurslaggewende rol om verandering en verbetering, met betrekking tot ‘n wye verskydenheid uitdagings, te bewerkstellig.

error: Inhoud is beskerm !!