Jy het net minder as sestien uur om jou petroltenk vol te maak voordat die prys om middernag met ongeveer 37 sent per liter styg. Maar, as jou voertuig diesel sluk, moet jy
eerder tot môre wag voordat jy pomp. Die dieselprys daal vir Meimaand met tot soveel as 36 sent per liter, en die prys van paraffien met 25 sent.

Robert Maake, van die departement van minerale bronne en energie, verduidelik aan SABC News, die jongste prysvasstellings is beïnvloed deur hoër oliepryse en ‘n swakker rand. Die petrolprys styg ook as gevolg van die hoër vraag na hierdie brandstof, gedurende die noordelike halfrond se rondritstyd.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×