“Innoverende Landbou” is vanjaar se tema van die NAMPO Oesdag wat van 16 tot 19 Mei by Bothaville in die Vrystaat plaasvind.
Sedert sy ontstaan is die Nampo Oesdag een van die leiers in die tentoonstelling van landbou-hernuwing in Suid-Afrika.
Die tema Innoverende Landbou bevestig volgens die organiseerders die positiewe rol wat aan die Oesdag toegeskryf word en ook die bydrae daarvan tot die toekoms van landbou in Suid-Afrika.
Graan SA het ook ingespring om uitbreidings en verbeterings op die terrein aan te bring.
Doktor Dirk Strydom, hoof van Graan SA se Nampo-afdeling, asook bemarkings- en navorsingkoördinering, het gesê Nampo bied ‘n geleentheid aan produsente om saam te werk om landbou-oplossings vir uitdagings in die bedryf die hoof te bied.