Vanjaar se Nampo-oesfees by Bothaville in die Vrystaat het drie-en-sewentig-duisend besoekers gelok. Dit aldus Nampo se hoof, Toit Wessels. Hy het gesê hulle sou tevrede met 50 000 besoekers gewees het, nadat dié skou weens Covid-19 die afgelope twee jaar nie kon plaasvind nie. Vanjaar se Nampo is vir die eerste keer oor vyf in plaas van vier dae gehou. Volgens Wessels sal hulle waarskynlik in die toekoms weer na vier dae terugkeer. Die rede waarom vanjaar se skou oor vyf dae aangebied is was om te verseker dat die daaglikse bywoningsyfer, ingevolge Covid-19 regulasies, nie die 20 000-perk oorskry nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×