Die Suid-Afrikaanse varkvleisbedryf waarsku dat regulasies wat die invoer van Amerikaanse varkvleis beperk, nie verslap moet word nie.

Volgens Newskoop glo plaaslike produsente dat die verslapping van dié maatreëls ’n verwoestende uitwerking op die bedryf kan hê.

Hulle sê die regulasies is noodsaaklik om te verhoed dat die Vark Reproduktiewe en Respiratoriese Sindroom (PRRS) plaaslike varke besmet.

Dié siekte is hoogs aansteeklik en affekteer varke van alle ouderdomme.

error: Inhoud is beskerm !!