Uitspraak in die saak van ‘n boer in Limpopo wat daarvan aangekla word dat hy twee vroue vermoor en hul liggame in ‘n varkhok gelaat het, sal vandag in die hooggeregshof in Polokwane gelewer word.

Die plaaseienaar, Zachariah Olivier, wil hê dat die staat in die saak ‘n verklaring wat hy by sy inhegtenisneming in Augustus aan die polisie gemaak het, moet vrystel.

Hy beweer besonderhede daarin is deurslaggewend vir sy borgtogaansoek.

Olivier word saam met sy twee werknemers, Adriaan de Wet en William Musora, daarvan aangekla dat hulle die twee vroue doodgeskiet en daarna hul liggame in ‘n varkhok op Olivier se plaas, net buite Polokwane, gelaat het.

error: Inhoud is beskerm !!