‘n Span Amerikaanse chirurge het ‘n geneties aangepaste varknier suksesvol in ‘n lewende mens oorgeplant. AFP berig die prosedure is wêreldwyd die eerste van sy soort en sal help om die chroniese tekort aan skenkerorgane te ondersteun. Die vier-uur lange operasie is verlede naweek in die Massachusetts algemene hospitaal op ‘n 62 jarige man uitgevoer. Volgens ‘n verklaring van die hospitaal het die pasient aan endstadium-niersiekte gely.
Dr Tatsuo Kawai, ‘n lid van die span wat die operasie uitgevoer het, sê die deurbraak sal hopelik ‘n reddingsboei bied aan miljoene mense wat wêreldwyd aan nierversaking ly. Die varknier is deur ‘n biotegnologie maatskappy aangepas om skadelike varkgene te verwyder en sekere menslike gene by te voeg.