’n Groep Suid-Afrikaanse navorsers by die Sanae IV-navorsingstasie in Antarktika, pleit vir hulp na een van die lede glo ‘n ander aangeval en met die dood gedreig het.

Die groep was veronderstel om net tot Desember verlede jaar by die basis te wees en is tans weens weertoestande heeltemal van die res van die wêreld afgesny.

Primedia berig die voorval het uit ‘n woordewisseling tussen twee spanlede gespruit. Volgens die minister van Bosbou, Visserye en Omgewing, Dion George, het die departement blitsvinnig met ‘n span sielkundiges en kundiges gereageer wat die saak aangespreek het.

Weens die strawwe weerstoestande in Antarktika kan vliegtuie nie maklik by die stasie land nie. George het nietemin sy versekering gegee dat die departement “elke beskikbare opsie oorweeg” om die veiligheid van alle personeel by die basis te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!