Twee mans wat van veediefstal verdink word, is deur ‘n groep mense aangekeer en aangerand. Een van die mans is in die voorval oorlede tewyl die ander een tans onder polisiebewaking in ‘n hospitaal is.

 IOL berig volgens die Mpumalanga provinsiale polisiewoordvoerder, Donal Mdhluli, hou die voorval glo verband met ‘n veediefstalvoorval, waar 26 beeste, ses bokke en ‘n donkie van ‘n plaas in Verena gesteel is.

Die polisieondersoek dui daarop dat ‘n skaapwagter vroeër die dag aangeval is en van ‘n onbekende bedrag kontant beroof is. Ná die aanval het die aanvallers in twee bakkies met sleepwaens van die toneel gevlug.

Hulle voertuie het egter in die modder vasgeval, en hulle is deur die groep woedende mense aangekeer. Twee bakkies is ook tydens die voorval aan die brand gesteek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×