‘n Ooreenkoms is tussen verskeie beheerliggame in die landboubedryf gesluit om veediefstalsindikate in die Vrystaat te bekamp, wat tot ’n jaarlikse verlies van byna R1-miljard lei.
Ontleding van boere se veiligheidsbeeldmateriaal kan ’n groot rol speel om veediefstalsindikate vas te trek.
Volgens Netwerk24 moet die private en openbare sektor hande vat om die landboutoekoms van die provinsie te verseker, aangesien voedselsekerheid ook bedreig word, veral in die Oos-Vrystaat.
Individuele veediewe, ook bekend as potslagters, het vir alle praktiese doeleindes van die toneel verdwyn, terwyl veediefstal nou deur georganiseerde misdaadsindikate gepleeg word. Veediefstalgevalle word nie meer in enkelgetalle aangeteken nie, maar 20, 30 of selfs 50 op ’n slag.
Vrystaat Landbou se risiko-ontleder, dr. Jane Buys, meen die polisie het nie meer die menslike hulpbronne wat hulle eens gehad het nie, en die druk op boere kan tot geweldsmisdade lei.
Die Vrystaat is die provinsie wat derde in die ry staan in hierdie landwye probleem.