Ses veediewe is in hegtenis geneem en tien gesteelde skape is gister in die Smithfield-omgewing teruggekry danksy die samewerking tussen Jurg Kruger voorsitter van die Eyes and Ears, of E2-projek in die Vrystaat, die Smithfield distriksboere-unie en die veediefstal-eenheid van die polisie. E2 is ‘n inisiatief van Business Against Crime South Africa, of Bacsa. Kruger het aan Netwerk 24 gesê die spanne het Woensdagaand begin spoorsny en kon saam ‘n deurbraak maak. Die verdagtes sal Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
