Die Veelparty-handves sê hy sal toesien dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die nodige hulpbronne en ondersteuning kry om sy pligte professioneel en effektief te kan na kom.

Die handves se misdaadbekampingsplan behels onder meer dat die polisiediens na ‘n meer professionele vlak gebring moet word. Die IVP se Velenkosini Hlabisa sê dit kan bereik word deur te verseker dat gemeenskapspolisiëringsforums van goeie hulpbronne voorsien word.

Volgens Hlabisa sal die handves befondsing vir die polisiediens prioritiseer, sodat hoëstandaard-polisiëring die norm kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×