Al die veerpyltjie klubs in die Vrystaat het teen mekaar gekompeteer in uitspeel rondes om te bepaal wie nou eintlik die distrik se kampioene is.
Die kompetiesie was eers in munisipaliteits distriks verband gewees voor die distrikte teen mekaar testaan kom. In die finale ronde was dit twee Bloemfontein spanne wat oorgebly het om uit te gooi vir die Vrystaat titel.
Die finale ronde is toe beklink met Nico Saaiman (Kaptein), Jaco Jacobs , Pieter Fourie en Werner Bailey wat nou met trots kan spog as Vrystaat se veerpyltjie kampioene.