Veertig konstruksiewerkers in die noorde van Indië is vir ‘n derde dag aan die hulp van reddingswerkers uitgelewer, nadat die tonnel waaraan hulle werk, Sondag op hulle ingekalwe het.
Terwyl stootskrapers die puin uit die weg ruim, word die vasgekeerde werkers deurgaans van klein kos-items voorsien en woord daar ook lewensnoodsaaklike suurstof gepomp na die area waar hulle vasgekeer is.
‘n Pyp van 900 millimeter in deursnee, word nou aangelê, sodat die werkers deur die pyp na veiligheid gebring kan word.
Daar is kommunikasie met die werkers, wat deurslaggewend is vir die sukses van die ingewikkelde reddingspoging.