‘n Konvooi van 40 Mamba-troepedraers het vanoggend De Brug by Bloemfontein verlaat en is nou op pad na die Wallmantshall-weermagbasis in Gauteng. Dié voertuie het die afgelope maande omvattende instandhoudingswerk by De Brug ondergaan. Maroela Media berig voorts die konfooi sal met die N1-hoofweg langs tot in Gauteng ry en behoort Vrydag teen omstreeks drie-uur by die Grasmere-tolplaza wees. ‘n Span van 170 lede van die weermag se tegniese afdeling, in samewerking met ‘n groep Kubane, behartig die instandhoudings- en herstelwerk as deel van Projek-Thusano. Volgens defenceWeb is die voertuie aanvanklik op ‘n kommersiële Toyota-vragmotoronderstel en daarna die Mercedes-Benz Unimog-onderstel gebaseer. Dit is in die laat 80’s as plaasvervanger vir die Buffel-troepedraer ontwikkel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×