President Cyril Ramaphosa het Donderdag in Musina tydens die bekendstelling van die nuwe grensbestuursowerheid, of GBO, gesê veiliger grense sal help met die bekamping van oorgrensmisdaad soos onwettige immigrasie, mensesmokkelary en mensehandel. Volgens Netwerk 24 het Ramaphosa gesê die toename van die aantal buitelandse burgers wat sonder die nodige dokumentasie die land binnekom, vererger Suid-Afrika se maatskaplike en ekonomiese probleme. Die land se strewe is om die onwettige invoer en uitvoer van goedere te voorkom. Sowat 600 grenswagte is reeds by kwesbare dele van die grens geplaas. Die GBO sal die land se immigrasiewette en regulasies toepas, het hy gesê. Ramaphosa het ook met Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa by die Beitbrug-grenspos vergader. TK Nciza, sekretaris van die ANC in Gauteng, het Woensdag ‘n beroep op die private sektor gedoen om meer Suid-Afrikaners in diens te neem. Dis onwettig om ‘n onwettige immigrant aan te stel, het hy gesê.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×