Veiligheids- en sekuriteitsbeamptes in Kaapstad is in volle aksie om die veiligheid van die publiek te verseker.
IOL berig 4 730 bottels alkohol is van oortreders by strande, parke en ander openbare areas afgeneem.
Nie net word oortreders se alkohol afgeneem nie, maar beamptes reik ook boetes uit.
Dronkenskap, wat tot gevegte en padgevaar lei, is ‘n ernstige risiko. In ’n onlangse voorval is vier verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van ‘n gesteelde motorvoertuig en gesteelde eiendom, insluitend drie bottels sjampanje.
Vervoerbeamptes het meer as 47 000 oortredings opgeteken, byna 150 voertuie in beslag geneem en meer as 500 inhegtenisnemings uitgevoer. Die totale hoeveelheid alkohol wat afgeneem is, is meer as 2 000 liter.