Met veediefstal en misdaad wat ‘n al groter probleem in die Vrystaat word, het verskeie rolspelers gister ‘n veiligheidswerkswinkel met groot sukses in Bloemfontein gehou. Rolspelers wat teenwoordig was, was Vrystaat Landbou, TLU SA, SAAI, die polisie, privaat sekuriteitsmaatskappye, boereverenigings en buurtwagte. Uit die geleentheid wat deur die voorsitter, Johan Gunter gelei is, het verskeie voorstelle en vrae gekom waarna ‘n komitee saamgestel is. Gunter is eenparig as koordineerder aangewys. Een aspek wat sterk na vore getree het, is dat wanneer die gemeenskap saamwerk en hande vat met die polisie, sekuriteitsmaatskappye, boereverenigings en buurtwagte, misdaad verminder kan word. Die doel van die verskeie rolspelers is om die misdadigers senuweagtig maak, het Gunter gesê.