Die minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, verwelkom die besluit deur Guernsey’s Auction House, om die veiling van items wat met oudpresident Nelson Mandela verband hou, te halt.

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Erfenishulpbronne sê die afslaer het die veiling op versoek van die agentskap vir eers afgestel. Kodwa se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê regstappe oor die aangeleentheid duur voort.

Doktor Makaziwe Mandela, dogter van wyle Madiba, wil nagenoeg 70 items van haar oorlede pa van die hand sit. Ook sy ID-boekie sou onder die hamer kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×