Veldbrand buite Bloemfontein rig groot skade aan

 ‘n Veldbrand wat gistermiddag naby Glen Landbou kollege buite Bloemfontein uitgebreek het, het groot dele veld, ‘n gebou en drie voertuie vernietig. Nog ‘n veldbrand het gewoed langs die N1 in ‘n suidelike rigting naby Ventersburg. ‘n Derde veldbrand is suid van Dewetsdorp aangemeld. Volgens die woordvoerder van die Vrystaatse Brandbeskermingsvereniging, Jan de Vlilliers is motoriste se sig weens die rook belemmer. Die totale omvang van die skade is nog onbekend.

 

Luister na potgooie hieronder