Veldbrande in en om Bloemfontein het weereens gister groot skade aangerig

Veldbrande in en om Bloemfontein het weereens gister groot skade aangerig as gevolg van die hoër temperature en sterk winde. ‘n Groot brand wat onderskeidelik by Bainsvlei en omliggende areas gewoed het is laat gistermiddag eers onder beheer gebring.  ‘n Brandbestryder en nog ‘n persoon is beseer in veldbrande naby Ventersburg in die Vrystaat wat na die Aldam-natuurreservaat versprei het. Die brand het verskeie dele van die vakansieoord beskadig, insluitend van die chalets. Die Vrystaatse Brandbeskermingsvereniging sê huise en vakansiehuise in die oord moes ontruim word. Meer as 13,000 hektaar landbougrond is reeds in die brand vernietig. Talle kommersiële en wildsplase word bedreig. 

Luister na potgooie hieronder