Veldbrande: Vrystaatse boer in kritieke toestand

 Veldbrande: Vrystaatse boer in kritieke toestand

‘n Vrystaatse boer wat gister gehelp het om die verwoestende brand in Hertzogville te probeer blus, is in ‘n kritieke toestand in die Life Rosepark Hospitaal in Bloemfontein nadat hy derdegraadse brandwonde opgedoen het.

Volgens sy pa, wat ook boer en voorheen ‘n ortopeed by dié hospitaal was sê sy seun het derdegraadse brandwonde oor 40% van sy liggaam.

Die 28-jarige Tewie Nel is een van die talle boere in die omgewing wat probeer het om die brand te blus, wat deur betogende inwoners in die omgewing begin is.

Na bewering het hulle bande en rommel gebruik om plase in die omgewing aan die brand te steek.

Vrystaat Agri sê ongeveer 100 000 hektaar gewasse is deur die brande vernietig.

LeandreAdmin@