Die adjunkminister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, gaan al nege provinsies in die land besoek om inligting te verskaf oor die gevare van Fetale Alkoholsindroom (FAS). Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is Suid-Afrika een van die lande met ‘n hoë koers van FAS. Onder die deelnemers aan die veldtog is die Biervereniging van Suid-Afrika, swanger vroue en ouers van kinders met FAS. Die nege dae lange veldtog sal vanaf 1 September tot 9 September duur wat ook FAS-bewusmakingsdag is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×