Veranderings aan die polisiebestuur in die Wes-Kaap in ‘n poging om die provinsie te stabiliseer

Die nasionale polisie-kommissaris, Khehla Sitole, het die gewese provinsiale kommissaris, Yolisa Mokgabudi, gister as waarnemende afdelingskommissaris van Misdaadintelligensie aangestel.  Sitole sê die veranderings aan die polisiebestuur in die Wes-Kaap is ‘n poging om die provinsie te stabiliseer. Mokgabudi se voorganger, Khombinkosi Jula, het sy pos vroeër skynbaar onder ‘n wolk verlaat nadat hy in 2016 aangestel is. Sitole het ook intussen Thembisile Patekile as die nuwe waarnemende kommissaris in die Wes-Kaap aangestel. Sitole sê die skommeling is deel van die landwye hersiening van die polisie se leierskap aangesien die vorige kontrakte binnekort gaan verstryk.

Luister na potgooie hieronder