‘n Verbruiker wat Hippo.co.za voor die Reguleringsraad vir Advertensies gebring het vir ‘n advertensie wat sy “verskriklik en aanstootlik” gevind het, het haar saak gewen.
IOL berig die direkteur van die raad het opdrag gegee dat die advertensie nooit vertoon moet word waar kinders dit kan sien nie. Die advertensie wys ‘n man op sy skootrekenaar by die huis, met die klankbaan “Eric is platsak.”
Die advertensie wys dan hoe Eric verskonings maak om nie saam met sy vriende uit te gaan nie, want hy het nie geld nie. Hy lieg dat hy ‘n ooginfeksie het. Maar wanneer sy vriende sê hulle kom vir hom kuier, raak Eric paniekerig en hardloop om uie te kap, en vryf dan petroleumjellie in sy oë.
Sy laaste poging is om brandrissiesous in sy oë te vryf, wat nou opgeswel is. Hippo.co.za het egter gesê die betrokke advertensie is humoristies van aard, onskadelik, en bedoel om die gehoor te vermaak.