Die Automobiel-assosiasie sê geringe dalings in brandstofpryse word hierdie maand verwag.

Ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds toon dat petrolpryse tussen nege en 14 sent per liter gaan daal. Die vereniging se Eleanor Mavimbela sê dit kan meebring dat motoriste tussen vier en sewe rand spaar wanneer hulle ‘n 55-liter-tenk volmaak.

Mavimbela sê ook die groothandelprys van diesel kan met sowat 26 sent per liter daal terwyl verligtingsparaffien met byna 21 sent per liter kan daal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×