Verbruikers word gewaarsku om bedag te bly vir besighede wat dalk nog 15,5% Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) hef.

Dit ondanks die naweek se uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof, wat die beplande verhoging opskort.

Die hof se besluit het volgens Central News, gekeer dat soos aanvanklik voorgestel deur die minister van fianansies, Enoch Godongwana, BTW op 1 Mei van 15% tot 15,5% sou styg.

SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, het verbruikers aangemoedig om te verseker dat hulle die korrekte 15% gehef word, ná die wetlike oorwinning wat deur die Demokratiese Alliansie (DA) en Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) verseker is.

Hierdie uitspraak bring nie net verligting vir Suid-Afrikaners nie, maar beklemtoon ook die belangrikheid van behoorlike parlementêre toesig oor fiskale aangeleenthede.

error: Inhoud is beskerm !!