Verbruikers is gewaarsku om nie meer skuld aan te gaan nie, ondanks die Reserwebank se derde agtereenvolgende repokoersverlaging verlede maand.
Die onlangse besluit om rentekoerse met 25 basispunte te verlaag, kan ‘n baie welkome verligting bied.
Die produkhoof by FNB Integrated Advice, Ester Ochse, het kliënte egter gewaarsku om nie oorreed te word om nog slegte skuld aan te gaan nie.
Sy sê dit kan op die lang termyn tot ’n swakker finansiële posisie lei.
Die laaste repokoersverlaging was moontlik die laaste een vir die jaar aangesien inflasie na verwagting sal toeneem.