Die Nasionale Verbruikerskommissie het ’n beroep op alle vervaardigers van grondboontjiebotter, insluitend grondboontjiebottergebaseerde produkte en produkte wat grondboontjies bevat, gedoen om die produkte dadelik te toets.
EWN berig dit kom soos verskeie kleinhandelaars onlangs ‘n verskeidenheid grondboontjiebotterprodukte herroep het nadat aflatoksin opgespoor is.
Dit is ‘n giftige stof wat deur sekere swamme geproduseer word wat natuurlik op gewasse soos grondboontjies, boomneute, mielies en graan voorkom.
Die items wat getoets moet word, sluit in, maar is nie beperk nie tot, sjokolade, lekkers, koekies, roomys en grondboontjiebottersmeer.