Verbruikersprysinflasie tot 4,4% gestyg in April

Verbruikersprysinflasie in April het op ‘n jaargrondslag tot 4,4% gestyg.

Dié syfer is vanoggend deur Statistieke Suid-Afrika bekendgemaak.

Volgens die data is dit 1,2 persentasiepunte hoër as die vorige maand – Maart 2020.

Luidens berigte is die grootste bydraers tot die hoër inflasiesyfer kos- en brandstofpryse.

Die Reserwebank se inflasieteiken is tussen 3% en 6%.

Die bank se monetêre beleidskomitee sal na verwagting more sy besluit oor rentekoerse bekendmaak.

Luister na potgooie hieronder