Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê meer inhegtenisnames word verwag in die saak van die vermiste joernalis Aserie Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli.

Rosestad-nuus het vroeër berig die joernalis en sy vriendin is op 18 Februarie as vermis aangemeld.

SABC News voeg by vier verdagtes is reeds in hegtenis geneem.

Een van hulle, wat glo laas saam met die paartjie gesien is, verskyn Dinsdag in die hof.

Drie ander is in besit van voertuigonderdele gevind wat vermoedelik aan Ndlovu behoort.

Een van dié verdagtes is glo ’n werktuigkundige.

Mathe sê die polisie gebruik onder meer lugvleuel- en K9-eenhede in die voortgesette soektog.

Sy glo die vier het nie alleen opgetree nie en dat verdere inhegtenisnames sal volg.

Sy sê hulle werk daaraan om ’n waterdigte saak voor die hof te bring.

error: Inhoud is beskerm !!