‘n 52-jarige man wat in hegtenis geneem is vir ‘n transito rooftog in Limpopo, is suksesvol verbind aan die moord op ‘n Vrystaatse polisieman. Hy het gister in die Welkom landdroshof verskyn op ‘n klag van moord. IOL berig Frimino Matola word na bewering verdink vir die moord op 43-jarige Sersant Disema Mapane van die Sasolburg Eenheid vir Openbare Polisiering. Die provinsiale woordvoerder van die Valke, Kaptein Christopher Singo, het gesê die moord het in Desember 2022 plaasgevind. Mapane is in Thabong doodgeskiet nadat die polisie inligting opgevolg het na ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Welkom. Matola is in September vanjaar in hegtenis geneem na ‘n transito-rooftog in Hoedspruit. Dit het toe bekend geword Matola word ook gesoek vir moord in die Vrystaat. Die Valke het hom in Hoedspruit gearresteer nadat hy daar in die hof verskyn het. Die saak is uitgestel tot 21 November.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×