’n Man is 1 November in Phakathirylaan, Thabong naby Welkom gearresteer met vermoedelik gesteelde Luvigen- en Myteladov-tablette in sy besit.
Lt.kol. Thabo Covane sê die polisie was besig met Operasie Vala Umgodi toe hulle ’n wenk ontvang het oor ’n man wat moontlik gesteelde goedere by hom het.
Nuusflits berig die inligting is opgevolg, waarna die verdagte opgespoor en deursoek is.
Tydens die soektog is 30 bottels Luvigen- en 30 bottels Myteladov-tablette gevind en gekonfiskeer.
Polisielede het bevestiging van ’n plaaslike apteek ontvang dat dit antiretrovirale medisyne is.
’n Klag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, asook die oortreding van die Wet op Medisyne en Beheerde Stowwe, is by die Thabong-polisiestasie geopen.
Die verdagte bly in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.