Die verdagte wat in Bloemfontein by die Toerismesentrum vir die besit van perlemoen in hegtenis geneem is, moet Maandag 25 November 2024 in die stad se landdroshof verskyn.

Die verdagte is by die Bloemfontein Toerismesentrum aangekeer, waar hy glo per bus die perlemoene wou vervoer.

Volgens ’n polisie-mediaverklaring het ’n busveiligheidsbeampte inligting ontvang oor ’n passasier wat perlemoen in sy besit gehad het.

Die passasier was op pad van die Oos-Kaap na Gauteng. Ná die deursoeking van die bus saam met lede van die Valke is ’n kartonhouer met perlemoen gevind.

Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy nie ’n verduideliking oor die vonds perlemoen kon verskaf nie.

Die kartonhouer met 179 perlemoene is in beslag geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×