Verdagtes het in die Wilgerivier ingery toe hul van die polisie af weggejaag het.

Polisiewoordvoerder, Josephine Rani, sê in ‘n mediaverklaring die vier het weggejaag toe lede van die Villiers-polisie hulle genader het, en het glo tydens die jaagtog oor ‘n kruising gery en in die rivier beland.

Verskeie visse, met ‘n straatwaarde van amper R10 000, is na die ongeluk in die voertuig se kattebak gevind.  Al vier die insittendes het die ongeluk oorleef, en drie van hulle is ingevolge die natuurbewaringswet in hegtenis geneem.

‘n Man en twee vroue sal eersdaags voor die Vrystaatse Mafube-landdroshof verskyn. ‘n Vierde man is steeds op vrye voet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×