Vyf verdagtes wat glo betrokke is by onwettige mynbou in die Vrystaat, sal binnekort in die hof verskyn.

Hulle is tydens ’n polisie-operasie by verskeie mynbrandpunte in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is meer as 100 kilogram goudhoudende materiaal sowel as toerusting vir goudverwerking gekonfiskeer.

Die operasie is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens in samewerking met die Weermag en privaat sekuriteitsmaatskappye uitgevoer.

Tydens dieselfde operasie is 1 500 rooi ontstekers by die Kopanang-myn teruggevind.

Dié plofstof is glo deur onwettige mynwerkers agtergelaat en die bomverwyderingseenheid is ontbied om dit te hanteer.

Die verdagtes sal op aanklagte van onwettige mynbou, goudverwerking en immigrasiewet-oortredings in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!