Twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, van Bohlokong, Bethlehem, is vir die beweerde moord op ‘n 10-jarige seuntjie in hegtenis geneem.
Die seuntjie se liggaam is met veelvuldige steekwonde naby die Benkenpark-begrafplaas ontdek. Polisie-woordvoerder, Mmako Mophiring sê in ‘n verklaring die motief agter die moord is nog nie bekend nie en die saak word ondersoek.
Die seuntjie is as vermis aangemeld nadat hy laas gesien is waar hy vroeër die week saam met ander kinder in die straat gespeel het. Hy het ‘n grys t-hemp, ‘n blou jeans en bruin Sowjet-sandale aangehad.
Die twee verdagtes sal na verwagting volgende week Maandag, in die Bethlehem-landdroshof op aanklag van moord verskyn.