Die polisie het vervalste klere ter waarde van meer as R15 miljoen gekonfiskeer tydens ‘n operasie in Durban Donderdag.
Volgens ‘n polisie mediaverklaring het ‘n span wat met smokkelware, vervalste en onwettige goedere werk, intelligensie versamel dat daar winkels is wat vervalste goedere verkoop.
Die polisie het soekbevele vir verskeie winkels bekom.
Ten minste vier verdagtes is reeds in die operasie, wat Donderdagmiddag steeds aan die gang is, in hegtenis geneem. Sodra hulle verwerk is, sal die verdagtes na die hof geneem word.