Twee verdagtes is in die Vrystaatse plaasdorp Rosendal, in polisie-aanhouding vir die besit van ‘n gesteelde bakkie. Die eienaar van die bakkie en sy vrou is na bewering in Henneman met ‘n vuurwapen gedreig, voordat 3 verdagtes met die bakkie en die vrou weggery het.
Die polisie in Hennenman het naburige stasies inkennis gestel om op die uitkyk te wees vir die gesteelde bakkie en dieselfde dag nog, het die polisie in Rosendal daarin geslaag om die voertuig op te spoor. Die vrou is ongedeerd by die Welkom-begraafplaas afgelaai. Die twee verdagtes sal eersdaags voor die Rosendal-landdroshof op aanklag van die besit van ‘n gesteelde voertuig verskyn. Die derde verdagte is steed op vlug.