Twee mans is naby Welkom gevind met vermoedelik onwettige swaar staal-afsnitte.

Volgens ’n polisieverklaring het lede van Operasie Vala uMgodi ʼn wenk oor moontlike vernietiging van waardevolle infrastruktuur ontvang.

Die lede het die inligting opgevolg en ʼn bakkie in die area opgemerk.

Die polisie het die voertuig gestop en deursoek. In ‘n rugsak in die voertuig was saagblaaie, swaar moersleutels en rooi swaar rubberhandskoene.

Twintig afsnitte van swaar staalpylstruktuur, wat meer as 520 kilogram weeg, was agter in die bakkie gelaai.

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×