Die vinnige optrede van die polisie ná ‘n juwelierswinkel-roof by die Fleurdal Mall in die suidelike deel van Bloemfontein het tot die inhegtenisnemig van drie verdagtes gelei.

Net ure na dié rooftog plaas gevind het, het ‘n multidissiplinêre span se ondersoek hulle na ‘n huis in Rocklands gelei.

Die voertuig waarmee die vermeende rowers glo gevlug het en wat vroeër vandeesweek by die Kagisanong-polisiestasie as gesteel aangemeld, is gevind.

Polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die verdagtes het glo gister die juwelierswinkel se kassier met ‘n 9mm-wapen genader en geëis dat hy die vertoonkaste met juweliersware oopmaak.

Na hulle glo ‘n swart sak met juweliersware gevul het, het hulle ‘n derde individu buite die winkelsentrum ontmoet en van die toneel gevlug.  Die drie sal binnekort vir sakeroof in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×