Twee verdagtes moet na verwagting in die hof verskyn omdat hulle beweerdelik ’n smous ontvoer en vermoor het.
Luidens ’n polisieverklaring het die voorval aan die begin van die jaar in Odendaalsrus plaasgevind toe die slagoffer konflik gehad het met ’n vulstasie werknemer oor hy vrugte verkoop.
Nadat hy die perseel verlaat het, is hy glo deur die verdagtes en ’n onbekende man agtervolg.
Die verdagtes het hom beweerdelik in ’n bakkie gelaai en terug na die vulstasie geneem.
Daar is hy glo met ’n knopkerrie en ’n sambok geslaan.
Hy is later in die hospitaal oorlede.
Die twee verdagtes moet na verwagting Maandag in die Odendaalsrus Landdroshof verskyn.