Drie mans en ‘n vrou wat na bewering deel is van ‘n sindikaat wat plofstowwe verkoop, verskyn vandag in die hof in Welkom.
Die nasionale woordvoerder van die polisie, brigadier Athlenda Mathe, het gesê die plofstowwe word glo gebruik tydens transito-rooftogte, onwettige mynbedrywighede en om kitsbanke op te blaas. IOL berig die verdagtes word glo betrek by verskeie sake waar plofstowwe gebruik is. Die verdagtes word verbind aan misdade wat in die Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes en Gauteng gepleeg is.
Mathe het gesê die verdagtes is aangekeer met 40 plofstowwe en plofbare toestelle in hulle besit.