Die omstandighede rondom die skietdood van vier mense in Soshanguve, noord van Pretoria, is nog nie bekend nie.

Luidens The Citizen, het die gewapende verdagtes koeëlvaste baadjies aangehad toe hulle in gister se vroeë oggendure op die moordslagoffers losgebrand het.

Die oorledenes – van wie een slegs 14 jaar oud was – se liggame het met die polisie se aankoms in ‘n straat van Soshanguve se P-blok gelê.

Niemand is tot dusver in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×