Die Universiteit van Suid-Afrika, of Unisa, het skynbaar meer as R285 000 aan gordyne bestee vir sy vise-kanselier se ampswoning.
Daar is ook ‘n beweerde R8 000 opgedok om iemand “te leer om ‘n stofsuier te gebruik”.
Unisa loop deur onder aantygings van ‘n magdom probleme weens ondoeltreffendheid, ‘n toksiese kultuur en “twyfelagtige besluite”.
Dít is van die bevindinge van ‘n onafhanklike ondersoek wat verlede jaar deur doktor Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, gelas is.
Die verslag bevat talle verdoemende bevindinge.
Professor Puleng LenkaBula, het in 2020 die eerste vroue-rektor en vise-kanselier by Unisa geword.