Die DA in Gauteng het ’n onmiddellike ondersoek geëis na die hospitalisasie van 74 matriekleerders op die Wes-Rand ná voedselvergiftiging. Die leerders het siek geword tydens ’n matriekkamp by Fochville Sekondêre Skool en is na die Carleton-distrikshospitaal geneem vir behandeling. Hulle is later ontslaan. Dié voorval volg kort ná die tragiese dood van vyf laerskoolleerders in Soweto wat versnaperinge van ’n spaza-winkel geëet het. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê ’n onmiddellike ondersoek is noodsaaklik om die oorsaak van die voedselvergiftigingsgevalle vas te stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×